Tuesday, August 23, 2011

Fransi Phillips se "Net 'n lewe" die moeite werd

"Fransi se jongste roman, Net ’n lewe, word in 2011 bekroon met die eerste prys in LAPA Uitgewers se Roman-kompetisie. Fransi het R100 000 ontvang, wat dit die grootste prysgeld nog in ’n Afrikaanse romankompetisie maak. In haar bedankingstoespraak sê Fransi dat sy soms skuldig voel, “omdat skryf so lekker is”. Sy het Net ’n lewe geskryf terwyl sy by die Tsjeggiese ambassade in Pretoria gewerk het. Hier het sy onder meer “die ambassadeur se toesprake en briewe van simpatie aan die ambassades van afgestorwe staatshoofde” geskryf.

“Omdat Net ’n lewe in die sosiopolitieke arena van die laaste 50 jaar afspeel, is dit enersyds ’n politieke satire met ’n sterk feministiese inslag, maar dit preek nooit. Hiervoor is die skrywer se stem te soepel en ervare,” het die beoordelaarsverslag gelui." [Litnet]

Lees ook Louis Viljoen en Thys Human se resensies van die novelle.

No comments:

Post a Comment

Would you like to comment, provide your review or suggest a good read?