Tuesday, January 24, 2012
Wals met Matilda aanbeveel
Michiel Heyns resenseer Dan Sleigh se jongste roman soos volg in Beeld (2011-07-03): "Ná sy twee magtige historiese romans, Eilande en Afstande, pak Dan Sleigh nou ’n eietydse roman aan – en hy pak hom met mening.
Hy pak ook ’n boel ander instellings, mense en verskynsels: skrywers, uitgewers, koerante, die radio, die skole, politici; kortom, die hele Suid-Afrikaanse samelewing, met spesifieke verwysing na die vervlakking en verbastering van taalgebruik, en meer spesifiek die verval van Afrikaans.
Die boek is ’n lofsang en ’n elegie vir Afrikaans; dit is ook ’n uitbundige, opruiende, onbeskofte verlustiging in die lewenskragtigheid van die bedreigde taal." Lees die hele resensie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment
Would you like to comment, provide your review or suggest a good read?